Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 40 min.

250 g rugspek

30 ml (2 e) olyfolie

2 uie, gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

2 eiervrugte, in blokkies gesny

1 blik (410 g) gekapte tamaties

15 ml (1 e) suiker

sout en peper

LASAGNE

15 ml (1 e) olyfolie

5 ml (1 t) sout

12-16 lasagnevelle

  1. Sny die helfte van die spek in blokkies en braai in ’n pan tot bros. Voeg die olyfolie, uie en knoffel by en roerbraai ’n paar minute.
  2. Voeg die eiervrug by en braai tot effens bruin. Meng die tamaties deur en laat stadig prut tot die eiervrug gaar is. Geur met die suiker, sout en peper en hou eenkant.
  3. Braai die orige heel repies spek tot bros.
  4. Lasagne Bring ’n pot water saam met die olie en sout tot kookpunt. Sit die lasagnevelle in die water en kook tot al dente. Skep uit, spoel af met koue water en dreineer.
  5. Pak ’n vel lasagne, dan ’n lepel ratatouille, gevolg deur ’n reep spek op ’n bord. Herhaal die lae nog twee keer. Maak nog drie hopies met die res van die bestanddele en sit voor saam met parmesaan en basilie.