Genoeg vir 4-6 mense

Bereidingstyd: 10 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

30 ml (2 e) botter

1 ui, gekap

250 g spekvleis, gesnipper

250 g sampioene, gehalveer

300 g langsteel-broccoli, gekook tot gaar, maar nog bros

250 ml (1 k) suurroom

sout en peper na smaak

250 g gaar penne

  1. Verhit die botter en braai die ui tot goudbruin. Skep uit en hou eenkant.
  2. Braai die spek in dieselfde pan tot bros, voeg die sampioene by en braai tot gaar.
  3. Meng die ui en broccoli by die sampioenmengsel in en roerbraai vinnig tot net warm.
  4. Voeg die room by en laat prut effens.
  5. Geur met die sout en peper en meng die pasta deur. Sit dadelik voor.