Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 10 minute

Genoeg vir 6

250 g pastaskroewe, gekook

250 g broccoli, in blommetjies gesny en gestoom

1 ui, gekap

30 ml (2 t) botter

250 g spekstukkies

250 g sampioene, in kwarte gesny

250 ml suurroom

sout en peper na smaak

  1. Verhit die botter in ’n diep pan en braai die uie 2 minute, voeg die spek by en braai tot bruin en bros.
  2. Voeg die sampioene by en roerbraai tot sag, voeg die pasta, suurroom, broccoli by en geur met sout en peper. Sit dadelik voor.