Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 10 min.

30 g botter

15 ml (1 e) olie

200 g stokvisfilette

250 ml (1 k) room

60 ml (¼ k) witwyn

60 ml (¼ k) soetbrandrissiesous

sout en peper

400 g spaghetti, gekook

basilie vir garnering

  1. Verhit die botter en olie in ’n braaipan oor matige hitte en braai die vis 3 minute of tot goudkleurig weerskante. Haal uit die pan en sit eenkant.
  2. Vee die pan uit en giet die room, wyn en soetbrandrissiesous in. Laat prut 3 minute oor lae hitte of tot effens verminder.
  3. Vlok die vis en voeg by die roommengsel. Geur met die sout en peper en roer die gaar pasta in. Garneer met die basilie en sit voor.