Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 10 min.

100 g geblansjeerde amandels

1 knoffelhuisies, gekap

’n hand vol basilie

’n hand vol pietersielie

’n hand vol babaspinasie

5 ml (1 t) droë brandrissievlokkies

200 ml (¾ k) olyfolie

sout en peper

500 g spaghetti

parmesaankaas vir voorsit

  1. Maal die amandels fyn in ’n verwerker. Voeg die knoffel, kruie, spinasie, brandrissievlokkies en olie by om ’n pasta te vorm. Geur en gooi in ’n bak.
  2. Kook die pasta tot al dente, dreineer en voeg die pesto by. Meng goed en sit voor saam met gerasperde parmesaankaas.

Deur Hope Malau

Foto: Megan Miller