Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 35 min.

1 ui, fyn gekap

1 rooi soetrissie, fyn gekap

2 wortels, grof gekap

4 murgpampoentjies, fyn gekap

150 g botterskorsie, fyn gekap

2 blikke (400 g elk) gekapte tamaties in die Mexikaanse styl

3 knoffelhuisies, gekap

’n hand vol vars pietersielie, gekap

’n hand vol vars basilie, geskeur

125 ml (½ k) hoenderaftreksel

5 ml (1 t) suiker

sout en peper

30 ml (2 e) olie

500 g biefmaalvleis

500 g spaghetti, gekook

gerasperde parmesaankaas (opsioneel)

vars basilie vir garnering

  1. Meng die ui, rooi soetrissie, groente, tamaties, knoffel, kruie, aftreksel, suiker, sout en peper.
  2. Verhit die olie in ’n braaipan oor matige hitte, voeg die maalvleis by en braai ’n paar minute terwyl jy roer om dit op te breek.
  3. Voeg die groentemengsel by die maalvleis, verlaag die hitte en laat prut m halfuur of tot gaar.
  4. Sit die maalvleis oor die gekookte pasta voor met parmesaankaas bo-oor gestrooi  (as jy dit gebruik) en basilie vir garnering.