Genoeg vir 6

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

500 g hoendermaalvleis

250 g rugspek, gekap

250 ml (1 k) gerasperde pecorino-kaas

3 knoffelhuisies, fyngedruk

5 takkies tiemie, gekap

1 eier

Sout en peper

125 ml (½ k) broodkrummels

60 ml (¼ k) meel, vir bestrooiing

45 ml (3 t) olie

500 g spaghetti

SOUS

10 ml (2 t) olie

1 ui, gekap

2 knoffelhuisies, gekap

3 takkies tiemie, gekap

30 ml (2 t) rooipeper-pesto

1 blik (400 g) gekapte tamaties

sout en peper

vars pietersielie, gekap

vars basiliekruid, gekap

  1. Meng die hoendermaalvleis, spek, kaas, knoffel, tiemie en eier en geur met sout en peper. Meng die broodkrummels in.
  2. Rol die mengsel in balletjies en bestrooi elkeen met meel.
  3. Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte en braai die frikkadelle tot dit bruin is.
  4. Kook die pasta in ’n pot kokende soutwater volgens die aanwysings op die verpakking. Dreineer en laat eenkant staan.
  5. Sous: Verhit die olie in ’n aparte pan en braai die ui en knoffel 2 minute. Voeg die tiemie en pesto by en laat 5 minute kook. Roer die tamaties by en geur met sout en peper. Laat 10 minute saggies kook of tot dit verdik het.
  6. Meng die sous en frikkadelle en laat 2 minute saggies kook oor lae hitte.
  7. Garneer met pietersielie en basiliekruid.