GENOEG VIR 6 MENSE

Bereiding: 15 min.

Gaarmaaktyd: 25-30 min.

250 g spaghetti

15 ml (1 e) olie

250 g spek, in blokkies gesny

2 uie, in ringe gesny

250 g sampioene, in skyfies gesny

1 geel soetrissie

2 rooi soetrissies

5 agurkies, in ringetjies gesny

4-6 kaasbraaiworsies

250 ml (1 k) suurroom

1 pakkie (43 g) aartappelbakmengsel (potato bake)

sout en pas

gemaalde peper

60 ml (¼ k) gerasperde parmesaankaas

Voorverhit die oond tot 190 °C

  1. Kook die spaghetti tot gaar. Dreineer en hou eenkant.
  2. Verhit die olie in ’n kastrol en braai die spek tot bros. Voeg die uie by en braai tot bruin. Voeg die sampioene
  3. by en roerbraai tot gaar. Voeg die soetrissies, agurkies en worsies by. Roerbraai tot die soetrissies gaar is.
  4. Meng die suurroom en aartappelbakmengsel deur en geur met die sout en peper na smaak. Laat ’n paar minute prut
  5. Meng die gaar spaghetti deur die sampioenmengsel. Giet ’n bietjie water by indien nodig.
  6. Skep die mengsel in ’n oondbak, sprinkel die parmesaankaas oor en bak 10-15 minute tot goudbruin.