Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

FRIKKADELLE

400 g beesmaalvleis

200 g varkmaalvleis

1 ui, gerasper

1 rooi soetrissie, fyngekap

20 g pecorino-kaas, gerasper

sout en peper

Spaghetti en sous

30 ml (2 e) olie

1 ui, gekap

3 knoffelhuisies, fyngedruk

30 ml (2 e) rooiwynasyn

2 tamaties, gekap

15 ml (1 e) suiker

sout en peper

500 g spaghetti

Knoffel-croutons

20 g botter, sag gemaak

2 knoffelhuisies, fyngemaal

½ vars brood

Frikkadelle: Meng die maalvleis en die res van die bestanddele in ’n bak. Vorm in frikkadelle, sit op ’n skinkbord, bedek en verkoel in die koelkas tot nodig.

Spaghetti en sous: Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte en kook die ui en knoffel liggies. Voeg die asyn, gekapte tamaties en suiker by. Kook 15 minute. Geur met sout en peper en sit eenkant.

Kook die spaghetti 10 minute of tot net gaar in effens gesoute kookwater.

Knoffel-croutons: Voorverhit die oond tot 180 °C. Meng die botter en knoffel en skeur die brood in happiegrootte-brokkies. Gebruik jou hande om al die brood met die knoffelbotter te bedek. Plaas op ’n bakplaat en rooster tot goudkleurig.

Plaas die frikkadelle op ’n gesmeerde bakpan en bak 25 minute. Maak die sous weer warm en vou die spaghetti daarby in. Skep in bakke en voeg die frikkadelle en knoffel-croutons by.

- Hope Malau