Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

400 g spaghetti

175 g spekvleis

30 ml (2 e) olyfolie

3 knoffelhuisies, fyngekap

’n hand vol pietersielie, fyngekap

3 eiers

50 g pecorino, fyn gerasper

sout en peper

1 Bring soutwater tot kookpunt in ’n groot pot. Voeg die spaghetti by en kook 9 minute of tot gaar, maar steeds ferm.

2 Sny die spekvleis in repies. Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte, voeg die spekvleis by en braai tot gaar. Voeg die knoffel en pietersielie by en sit eenkant.

3 Dreineer die spaghetti en voeg dit by die spekvleismengsel. Voeg die eiers en die helfte van die pecorino-kaasmengsel by en meng.

4 Geur na smaak met sout en swartpeper en voeg die oorblywende kaas by.

- Hope Malau