50 ml olyfolie

40 ml botter

3 knoffelhuisies, fyn gekap

4 ansjovisfilette

150 g swart olywe, gedreineer, ontpit en gehalveer

350 g geblikte Italiaanse tamaties of

350 g vars kersietamaties, gehalveer

30 ml kappertjiesaad, afgespoel

½ rooi brandrissie, ontpit en fyn gekap

sout en vars gemaalde swartpeper

350 g spaghetti

30 ml gekapte vars pietersielie

Verhit die olie en botter in ’n groot pan oor matige hitte en soteer die knoffel en ansjovis totdat die knoffel begin verkleur en die ansjovis fyn is.

Voeg die olywe, tamaties, kappertjiesaad en brandrissie by en prut 20 minute.

Geur met sout en peper.

Maak intussen die spaghetti gaar volgens die aanwysings op die pak.

Dreineer en voeg die gaar pasta by die sous in die pan.

Prut ’n paar minute en skep in ’n warm opdienbak of in 4 borde.

Sprinkel pietersielie oor.

HET JY GEWEET?

Puttana beteken prostituut en daar is heelparty stories oor hoekom dit so genoem word.

Sommige beweer dis omdat die sous goedkoop, vinnig en warm is.

Ander meen dié meisies het dit eerste gemaak omdat hulle iets vinnigs en goedkoops wou berei en so tussen hul afsprake deur gou wou eet.