Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 15 min.

500 g spaghetti

30 ml (2 e) olyfolie, plus ekstra vir bedruip

4 knoffelhuisies, in dun skywe gesny

400 g-blik soutbeesvleis

250 ml (1 k) hoenderaftreksel

400 g kersietamaties, in kwarte gesny

60 ml (¼ k) rooiwynasyn

’n hand vol pietersielie, gekap

sout en swartpeper

  1. Kook die pasta 8 min. of tot al dente in ’n groot kastrol soutwater. Dreineer en sit eenkant.
  2. Verhit die olie in ’n groot braaipan oor hoë hitte. Voeg die knoffel by en kook terwyl jy roer 1 min. of tot effens verbruin. Voeg die soutvleis en aftreksel by en laat prut 3 min.
  3. Voeg die pasta, tamaties, asyn, pietersielie, sout en peper by en meng deur. Verdeel tussen opdienbakke en bedruip met ekstra olyfolie voor voorsit.

Deur Hope Malau

Foto’s: Jacques Stander