Genoeg vir 4 mense.

25 ml olie

1 ui, fyn gekap

1 groen soetrissie, ontpit en in blokkies gesny

100 g droë uie-en-tamatiegeur-sojamaalvleis, geweek in 375 ml water

2 knoffelhuisies, fyn gekap

15 ml gekapte vars pietersielie

5 ml droë origanum

100 ml rooiwyn

100 ml water

2 tamaties, gekap

1 blik (115 g) tamatiepasta

sout en vars gemaalde swartpeper

bietjie suiker

Verhit die olie en braai die ui en soetrissie.

Roer die soja bietjie vir bietjie by.

Voeg die knoffel, pietersielie, origanum, rooiwyn, water, tamaties en tamatiepasta by, bedek en laat prut 20 minute of tot die mengsel sappig en dik is.

Geur liggies met sout en peper en voeg suiker by na smaak.

Sit dit voor saam met pasta.