Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 45 min.

500 g macaroni

300 g gerookte snoek,

grate verwyder en gevlok

250 ml (1 k) ertjies

100 g cheddarkaas, grof gerasper

SOUS

45 ml (3 e) botter

45 ml (3 e) meel

500 ml (2 k) melk

sout en peper

KRUIEKRUMMEL

1 dag oue broodrolletjie, gekrummel

10 g vars pietersielie, gekap

Voorverhit die oond tot 200 °C.

Kook die macaroni tot al dente en dreineer, maar behou 60 ml (¼ k) van die kookvloeistof.

Meng die macaroni, orige kookvloeistof, snoek, ertjies en cheddarkaas.

Sous Smelt die botter in ’n kastrolletjie, voeg die meel by en meng goed. Voeg die melk by en klits goed. Laat prut en roer aanhoudend tot die sous verdik. Geur na smaak met die sout en peper.

Meng die sous deur die pastamengsel en skep in ’n oondbak of in kleiner oondbakkies.

Kruiekrummel Meng die krummels en die pietersielie en sprinkel oor die macaroni. Bak 15-20 min. in die oond of tot die bokant goudbruin is. Sit dadelik voor.