Genoeg vir 4 mense

Bereiding: sowat 20 minute

Gaarmaaktyd: sowat 30 minute

350 g elmboog-macaroni

100 g spinasie

WITSOUS

50 g botter

60 ml (¼ k) meel

750 ml (3 k) melk

sout en vars gemaalde swartpeper

SAMESTELLING

2 middelslagtamaties

125 ml (½ k) gerasperde edamkaas

1 Voorverhit die oond tot 180 °C.

2 Kook die macaroni in soutwater tot al dente. Dreineer en hou eenkant.

3 Kap die spinasie baie fyn en hou eenkant.

WITSOUS

Verhit die botter in ’n kastrol, roer die meel by tot ’n pasta vorm en braai minstens 2 minute terwyl jy roer.

Giet die melk by die pasta en roer tot ’n dun witsous vorm.

Geur met sout en vars gemaalde swartpeper.

Laat prut die sous sowat 5 minute tot gaar.

SAMESTELLING

Meng die gaar macaroni met twee derdes van die witsous.

Skep die helfte van die macaroni in ’n groot oondbak en sprinkel die gekapte spinasie daaroor.

Skep die res van die macaroni oor die spinasie. Giet die res van die witsous oor die macaroni.

Rangskik die tamaties op die macaroni en sprinkel die kaas oor.

Bak sowat 20 minute of tot goudbruin en gaar.

Volg Huisgenoot op Twitter.