Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 5 minute

Kooktyd: 20 minute

45 ml (3 e) botter

2 stingeluie, gekap

1 knoffelhuisie, gekap

250 g  sampioene, in skywe gesny

250 ml (1 k) room

125 ml (½ k) Griekse jogurt

10 ml (2 e) Dijonmosterd

15 ml (1 e) heelkorrelmosterd

sout en peper na smaak

250 g fettuccine, gaargemaak volgens die aanwysings op die pak

5 ml (1 t) elk gedroogde pietersielie, basilie en tiemie

45 ml (3 e) parmesaankaas, gerasper

Verhit die botter  in ’n swaarboompan en braai die stingeluie, knoffel en sampioene effe.

Voeg die room, jogurt, mosterd, sout en peper na smaak by en laat prut ’n minuut.

Roer die gaar pasta en gedroogde kruie by en roer tot goed gemeng.

Skep in bakkies en sprinkel die kaas oor. Sit warm voor met slaai.