Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 15 min.

60 ml (¼ k) olie

8 bruin sampioene

2 roosmaryntakkies

4 tiemietakkies

3 knoffelhuisies, gekap

30 ml (2 e) balsemieke asyn

sout en peper

300 g pasta

45 ml (3 e) olyfpesto

grasuie vir garnering

  • Verhit die olie in ’n braaipan oor matige hitte. Voeg die sampioene, roosmaryn, tiemie en knoffel by en braai 3 minute of tot geurig. Gooi die asyn in en geur met sout en peper. Braai nog 3 minute of tot die sampioene sag is.
  • Kook die pasta in kokende gesoute water tot net gaar. Dreineer en meng met die pesto.
  • Sit die pasta voor met die sampioene en garneer met grasuie.