2 uie, gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

30 ml (2 e) olyfolie

400 g gemengde sampioene

175 g kruie-roomkaas

125 ml (½ k) melk

sout en peper

500 g tagliatelle, gekook

  1. Braai die uie en knoffel in verhitte olie tot sag.
  2. Skep uit en braai die sampioene tot gaar.
  3. Voeg die uiemengsel, roomkaas en melk by en laat ’n paar minute stadig prut.
  4. Geur met die sout en peper, meng deur die pasta en sit voor.