4 varkneksteaks, in repies gesny

sout en peper

sap en skil van 1 suurlemoen

2 knoffelhuisies, gekap

30 ml (2 e) olyfolie

15 ml (1 e) botter

hand vol vars salie

500 g tagliatelle of spaghetti, gekook tot net gaar

  1. Geur die steakrepies met die sout, peper, suurlemoensap, -skil en knoffel.
  2. Verhit die olie en braai die repies in sarsies tot net gaar, haal uit en hou eenkant.
  3. Verhit die botter in dieselfde pan en braai die salie tot geurig. Voeg die vark by en roerbraai vinnig.
  4. Sit voor op die pasta.