Bereide pizzabasisse is oral verkrygbaar;maak seker dat jy altyd een of meer in jou vrieskas het om vinnig ’n pizza mee te maak.

Genoeg vir 4 pizzas

80 ml tamatiesalsa

4 middelslag-pizzabasisse

sowat 25 skywe salami

200 g olywe, gedreineer, ontpit en gehalveer

sowat 20 kappertjiesade

100 g bokmelkkaas, in skywe gesny

250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper

30 ml (2 e) vars origanumblare

ekstra olyfolie en bronkors vir garnering

Voorverhit die oond tot 200 °C.

Smeer die tamatiesalsa op die pizzabasisse.

Verdeel die salami, olywe, appertjiesade, bokmelkkaasskywe, cheddarkaas en origanumblare tussen die pizzabasisse en bak elke pizza sowat 10-15 minute of tot gaar en goudbruin.

Besprinkel elke pizza met olyfolie en stapel die bronkors bo-op.

Die meeste gekoopte pizzabasisse het sy eie tamatiebasis.

Jy kan ook jou eie maak

Meng tamatiepuree met gekapte knoffel, geur met sout, peper en suiker en smeer oor die basis.

Volg Huisgenoot op Twitter