Bereide pizzabasisse is oral verkrygbaar; maak seker dat jy altyd een of meer in jou vrieskas het om vinnig ’n pizza mee te maak.

Genoeg vir 4 pizzas.

80 ml (1/3 k) tamatiesalsa

4 middelslag-pizzabasisse

sowat 25 skywe salami

200 g olywe, gedreineer, ontpit en gehalveer

sowat 20 kappertjiesade

100 g bokmelkkaas, in skywe gesny

250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper

30 ml (2 e) vars origanumblare

ekstra olyfolie en bronkors vir garnering

Voorverhit die oond tot 200 °C.

Smeer die tamatiesalsa op die pizzabasisse.

Verdeel die salami, olywe, kappertjiesade, bokmelkkaasskywe, cheddarkaas en origanumblare tussen die pizzabasisse en bak elke pizza sowat 10-15 minute of tot gaar en goudbruin.

Besprinkel elke pizza met olyfolie en stapel die bronkors bo-op.