30 ml (2 e) olie

10 ml (2 t) fyn gekapte brandrissie (opsioneel)

5 ml (1 t) fyn gekapte knoffel

125 g sampioene, gekap

80 ml (? k) pitmielies

1-2 stingeluie, fyn gesny

2 ml (½ t) borrie

2 ml (½ t) fyn komyn

5 ml (1 t) garam masala

125 ml (½ k) gekapte koljander en ment

sout na smaak

250 ml (1 k) roomkaasrol of ricotta

375 ml (1½ k) gaar basmatirys

1 rol filodeeg, ontdooi

gesmelte botter

meelpasta gemaak met water en meel om mee te seël

gesmelte botter om oor te verf

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Verhit die olie en roerbraai die groente tot sag.

Voeg die speserye by en roer so 1 minuut.

Voeg die kruie by en roer die kaas en rys by.

Halveer die filodeegvelle. Gebruik 3 lae per sigaar. Smeer elk met botter.

Plaas ’n hopie vulsel op een kant van die deeg.

Rol op, maar vou die kante in soos jy rol. Seël die ent met die meelpasta.

Plaas op ’n bakplaat en smeer met olie of botter.

Bak sowat 15 minute tot gaar en goudbruin.

Braai andersins in diepolie.

Sit voor met soet brandrissiesous of blatjang.

Volg Huisgenooto p Twitter.