Genoeg vir 4 mense

30 g botter

30 ml (2 e) olie

2 groot wortels, in blokkies gesny

6 stingeluie, fyn gekap

1 knoffelhuisie, fyn gekap

1 groot ui, fyn gekap

200 g gerookte worsies, in stukke gesny

sout en peper na smaak

2 eiers, geklits

500 ml (2 k) gaar rys

200 g ertjies

10 ml (2 t) sojasous

handvol koljanderblare, grof gekap

1. Verhit van die botter en olie en braai die groente ’n paar minute oor hoë hitte. Skep uit.

2. Sit die worsies in die pan en braai tot gaar. Geur met sout en peper en hou eenkant.

3. Verhit die res van die botter en olie en sit die eiers by. Roerbraai tot dit gaar is. Druk fyn met jou vurk.

4. Sit die res van die bestanddele in die pan en verhit tot goed warm. Geur na smaak.

Deur Bernice van der Merwe, Esther Malan en Carmen Petersen

Foto: David Briers

Volg Huisgenoot op Twitter.