Dolores Adams van Austerville het vir ons dié smaaklike wors-en-ryskasserol gestuur.

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

Genoeg vir 6 mense

5 ml (1 t) olie

6-8 varkworsies

250 g knopiesampioene, in kwarte gesny

2 uie, gekap

410 g (1 blik) kersietamaties

30 ml (2 e) tamatiepasta

5 ml (1 t) gerookte paprika

250 ml (1 k) rys

750 ml (2 ½ k) groente-aftreksel

Verhit die olie in ’n groot kastrol.

Voeg die worsies by, braai 4-5 minute en haal dan weer die worsies uit.

Braai die sampioene tot gaar en sit eenkant.

Braai die uie in dieselfde kastrol tot sag.

Voeg die tamaties en tamatiepasta by.

Laat kook 2 minute.

Voeg die paprika by en roer die rys in.

Voeg die aftreksel by en laat prut tot die rys gaar is.

Voeg die sampioene en die worsies by en laat prut tot die worsies gaar is.

Sit voor.

Volg Huisgenoot op Twitter.