Genoeg vir 4 mense

250 g spaghetti

200 g aspersies

250 ml (1 k) roomkaas

100 ml melk

skil van 1 suurlemoen, gerasper

1 brandrissie, gekap

sout en vars gemaalde peper

60 ml (¼ k) parmesaankaas, gerasper

1. Kook die pasta in soutwater tot al dente, dreineer en hou eenkant.

2. Sny die aspersies in stukke en stoom sowat 3-5 minute in die mikrogolfoond tot sag en gaar.

3. Verhit die roomkaas en melk in ’n diep pan, voeg die aspersies by en geur met die  suurlemoenskil, brandrissie, sout en peper.

4. Roer die gaar spaghetti deur die roomkaas-en-aspersiemengsel.

5. Sprinkel die kaas oor en sit dadelik voor.

Deur Esther Malan en Bernice van der Merwe

Foto: David Briers

Volg Huisgenoot op Twitter.