Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

375 g skulpiepasta

125 g spekvleisrepe, in stukkies gesny

1 klein ui, gekap

250 ml (1 k) room

sout en peper

80 ml (¾ k) songedroogde tamatiepesto

parmesaankaas, gerasper

basilieblare

Kook die pasta volgens die aanwysings op die pak.

Dreineer.

Braai die spekvleis tot gaar, voeg die ui en room by en kook af tot die mengsel lekker dik is.

Roer die pesto by die spekvleismengsel.

Geur met sout en peper en skep oor die pasta.

Sprinkel die kaas oor en sit voor met vars basilieblare.