Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 20 min.

Gaarmaak: 35 min.

5 aartappels, geskil en in 3 cm-stukke gekap

sout en vars gemaalde swartpeper

2 eiers, liggies geklits

’n knippie neutmuskaat

500 ml (2 k) meel, gesif

30 ml (2 e) olyfolie

40 g botter

250 g spekvleis, grof gekap

2 knoffelhuisies, gekap

250 ml (1 k) room

120 g baba-ertjies, geblansjeer

  1. Plaas die aartappels in ’n kastrol en bedek met koue water. Bring oor matig-hoë hitte tot kookpunt en kook 20 min. of tot sag. Dreineer en sit die aartappels terug in die kastrol, oor lae hitte.
  2. Maak die aartappels in ’n bak fyn en geur met die sout en peper. Sit 5 min. eenkant om af te koel.
  3. Voeg die eiers, neutmuskaat en meel by en knie die mengsel om ’n sagte deeg te vorm. Moet dit nie te veel te knie nie. Verdeel die mengsel in 6 porsies. Rol elkeen in ’n dun staaf uit en sny dan in 2 cm-stukke.
  4. Kook die gnocchi 1 min. in sarsies in gesoute kookwater of tot dit na die oppervlak dryf. Skep met ’n gaatjieslepel uit. Dreineer en sit eenkant.
  5. Verhit die olie en botter in ’n pan oor matig-hoë hitte. Voeg die spekvleis by en braai terwyl jy af en toe roer tot die spekvleis begin bros raak.
  6. Verlaag die hitte tot matig en voeg die gnocchi en knoffel by. Braai 3 min. terwyl jy roer. Geur goed en voeg die room by. Laat prut 3 min. Voeg die ertjies versigtig by en meng deur.

Deur: Hope Malau

Foto's: Jacques Stander