Genoeg vir 3—4 mense

Bereiding 15 min

Gaarmaak 10 min

NOEDELS

Handvol elk gekapte koljander en basilieblare

1 knoffelhuisie, gekap

2 rooi stingeluie

Klein stukkie vars gemmer, gerasper

Handvol gekapte broccoli-blommetjies

2—3 repies spekvleis, fyn gekap

Paar droë sjitake-sampioene

250 ml (1 k) room

250 g Chinese eiernoedels

10 ml (2 t) macadamia of olyfolie

SLAAI

Paar ontpitte swart olywe

1 stingelui

Handvol vars aarbeie

1 wiel kruie-fetakaas

Halwe rooi soetrissie, in stukke gesny

Halwe komkommer, in growwe stukke gesny

5 ml (1 t) macadamia olie of olyfolie

Swartpeper en sout en smaak

1 kop Cos-blaarslaai

1 NOEDELS Blansjeer die kruie, ui en vars gemmer 5 minute lank saam in bietjie water, voeg die broccoli die laaste 2 minute by. Verwyder die kruie en groente uit die pan, behou die vloeistof in die pan.

2 Voeg die spekvleis en droë sampioene by. Braai tot bros. Voeg die res van die bestanddele saam met die room by en verhit tot geurig. Voeg die uitgeskepte groente wee by.

3 Berei die Chinese noedels soos beskryf, dreineer en giet die olie oor.

4 SLAAI Plaas al die bestanddele vir die slaai buiten die Cos-blaarslaai in ‘n voedselverwerker en kap grof fyn. Skep in die Cos-slaaiblare. Sit voor saam met die pasta.

Kyk Jy het ’n Wenresep! elke Woensdag om 18:30 op VIA (DStv-kanaal 147).

wenresep-logo-high-res

Hierdie resepte is geskryf soos ontvang van die deelnemers en nie in die Wenreseptekombuis getoets vir korrektheid nie.