Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 5 min

Gaarmaak: 15 min

600 g gnocchi

sout en swartpeper

30 g botter

400 g gemengde sampioene, in dik skywe gesny

2 knoffelhuisies, fyngedruk

250 ml (1 k) dikroom

’n knippie fyn neutmuskaat

100 g babaspinasieblare

100 g matige bloukaas, gekrummel

  1. Kook die gnocchi in ’n kastrol kokende soutwater volgens die aanwysings op die verpakking tot dit na die oppervlak dryf. Skep met ’n gaatjieslepel uit en sit eenkant.
  2. Smelt die botter in ’n braaipan oor lae hitte. Voeg die sampioene en knoffel by en braai 5 minute of tot die sampioene sag is terwyl jy roer. Verhoog die hitte tot matig, voeg die room, neutmuskaat en spinasie by en kook 1 minuut of tit die spinasie verlep het. Roer die gnocchi en bloukaas in en verhit tot die kaas gesmelt het.
  3. Geur met sout en peper en sit voor.