Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 45 min.

250 g fusilli-pasta

sout en vars gemaalde peper

15 ml (1 e) olie

4 repe spekvleis, gekap

1 ui, in skywe gesny

500 g varkfilet, in blokkies gesny

1 groensoetrissie, in blokkies gesny

3 knoffelhuisies, fyngedruk

45 ml (3 e) Cajun-speserymengsel

5 ml (1 t) paprika

15 ml (1 e) meel

400 g tamatiepuree

60 ml (¼ k) suurroom

’n hand vol gekapte grasuie vir garnering

  1. Kook die pasta in kokende gesoute water volgens die aanwysings op die verpakking. Dreineer.
  2. Verhit die olie in ’n pot oor matige hitte. Voeg die spekvleis en ui by en kook terwyl jy roer tot effens verbruin. Voeg die varkvleis, groensoetrissie, knoffel, Cajun-speserymengsel, paprika en swartpeper by. Kook terwyl jy roer tot geurig en al die geure goed gemeng is.
  3. Voeg die meel, tamatiepuree en 250 ml (1 k) water by, verminder die hitte, bedek die pot en laat prut ’n halfuur terwyl jy af en toe roer.
  4. Verwyder van die hitte en roer die suurroom en gaar pasta in.
  5. Sit voor saam met die grasuie bo-oor gestrooi.