Genoeg vir 4 mense

15 ml (1 e) olyfolie

250 g knopiesampioene

sout en vars gemaalde swartpeper

500 ml (2 k) room

200 g nat biltong, gekerf

15 ml (1 e) vars pietersielie, gesnipper

250 g linguini-pasta

  1. Verhit die olie in ’n pan en braai die sampioene ’n paar minute tot geurig. Geur met sout en peper.
  2. Sit die room by en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut tot die sous effens verdik.
  3. Sit die biltong en pietersielie by en roer ’n paar minute.
  4. Kook die pasta in soutwater tot al dente, dreineer en meng dit by die biltongmengsel in.