Raak jy ook soms verveeld met die gewone oondgeroosterde groente saam met pasta? Hier is ’n nuwe idee: Maak die groente vir ’n slag fyn en gebruik dit as ’n pastasous. Dit is nie net baie geurig nie, jy kry boonop baie meer groente in!

Genoeg vir 6 mense; Bereiding: 15-20 minute; Gaarmaaktyd: sowat 20 minute.

Bestanddele: 1 groot rooi ui, in kwarte gesny; 1 knoffelhuisie, gekneus en fyn gekap; 1 rooi soetrissie, in kwarte gesny; 250 g murgpampoentjies, in stukke gesny; 250 g botterskorsie, geskil en in stukke gesny; 250 g broccoli; 80 ml (? k) gemengde vars kruie (pietersiele, koljander, origanum, tiemie), grof gekap; sout en vars gemaalde swartpeper; 30 ml (2 e) olyfolie; 60 ml (¼ k) parmesaankaas, gerasper; 80 ml (? k) Bulgaarse jogurt of room, indien verkies; 500 g pasta, gekook tot al dente; roket vir garnering.

Metode: Voorverhit die oond tot 200 °C. Plaas die ui, knoffelhuisie, rooi soetrissie, murgpampoentjies, botterskorsie, broccoli en kruie in ’n groot oondbak. Geur met sout en peper. Sprinkel olyfolie oor en bak 20 minute of tot gaar. Skep die groente in ’n voedselverwerker en verwerk tot fyn. Giet die sous in ’n kastrol, roer die parmesaankaas en jogurt of room by en laat dit ’n paar minute prut. Geur met sout en peper indien nodig. Roer die sous by die gaar pasta in en garneer met vars roket.