100 g STORK BAKE

750 g gemengde sampioene, dun gesny

230 g gewone roomkaas

sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

300 g lasagnevelle

300 g groot spinasieblare,

gewas en gaar gestoom

125 ml (½ k) room

125 ml (½ k) gerasperde, verouderde cheddarkaas

200 ml gekrummelde fetakaas

60 ml (¼ k) gekrummelde bloukaas

Smelt die STORK BAKE in ’n groot kastrol en braai die sampioene daarin tot gaar.

Voeg die roomkaas by en verhit tot gesmelt en glad sonder dat dit begin kook.

Verwyder van die hitte en geur met sout en peper.

Smeer ’n oondvaste bak van 22 x 22 cm en gooi ’n dun lagie van die mengsel in die bak.

Pak ’n laag lasagnevelle bo-op en gooi nog ’n lagie sampioenmengsel op die pasta.

Pak ’n paar spinasieblare bo-op en drup ’n bietjie room oor.

Pak nog ’n laag lasagnevelle bo-op.

Herhaal die lae en eindig met die sampioene.

Meng die kase en sprinkel oor.

Drup die oorblywende room oor en laat 30 minute staan voor jy dit sowat 30 minute bak tot die kaas gesmelt is.

Sit voor met ’n groen slaai.

Genoeg vir 10 mense.