GENOEG VIR 8 MENSE

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 3-5 minute

BASISSE

  • 6-9 klaarbereide pizzabasisse
  • 180 ml (3/4 k) tamatiepuree
  • sout en peper en knippie
  • suiker

BOLAAG 1

  • Emmental, geroosterde soetrissie, Italiaanse pietersielie
  • Stapel avokadoskywe op nadat dit gebak is.

BOLAAG 2

  • bloukaas, uiemarmelade, rooiui, murgpampoentjies
  • Stapel vars roket op nadat dit gebak is.

BOLAAG 3

  • parmesaankaas, groen brandrissie, knoffel, olywe, origanum, salami

BOLAAG 4

  • basielpesto, kersietamaties, artisjokke, bocconcini Stapel basielblare op nadat dit gebak is.

BOLAAG 5

  • gaar seekos gemarineer in olyfolie en suurlemoensap, roomkaas, kappertjiesade, grasuie of stingeluie

BOLAAG 6

  • sterk cheddar, biltong, pikantrissie en tiemie

Voorverhit die oond tot 230 °C.

  1. Besprinkel omgekeerde bakplate met meel.
  2. BASISSE Pak die pizzabasisse op die bakplaat.
  3. Geur die tamatiepuree met sout, peper en suiker na smaak.
  4. Smeer dun op die basisse.
  5. BOLAE Stapel enige van die bolaag-idees op die pizzabasisse.
  6. Rooster tot die kaas (indien gebruik) net gesmelt en die bolaag warm en gaar is.

Sit dadelik voor.