Genoeg vir 4 tot 6 mense

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 40 min.

1 botterskorsie, geskil, pitte verwyder en in stukke gekap

5 knoffelhuisies in hul skil

2 takkies vars roosmaryn

olyfolie

125 ml (½ k) hoenderaftreksel

sout en peper

ham (na smaak), in stukke gesny

VIR BYMEKAARSIT

voorafgebakte pizza-basisse

parmesaanskaafsels

olyfolie

Voorverhit die oond tot 200 °C.

1. Rangskik die botterskorsiestukke in ’n enkele laag in ’n roosterpan. Voeg die knoffel by en druk die roosmaryn onder die botterskorsie in. Giet ’n bietjie olie en die aftreksel oor en geur na smaak met die sout en peper. Bak sowat 40 min. tot die botterskorsie sag en goudbruin is. Draai ná 20 min. om. Haal die kruie uit en druk die knoffel se vlees uit die skil. Verhit die ham deur dit by te voeg 5 min. voor die botterskorsie klaar gebak is.

2. Vir bymekaarsit Rangskik die bolaag op die gebakte pizza-basisse en bedek met die parmesaan. Bedruip met ’n bietjie olyfolie.

Deur Hope Malau

Foto’s: Megan Miller