Genoeg vir 8 mense

Bereiding: 20 minute

Kooktyd: 40 minute

Rystyd: 40 minute

Baktyd: 15 minute

DEEG

5 g kitsgis

5 ml (1 t) strooisuiker

750 ml (3 k) witbroodmeel

5 ml (1 t) sout

50 ml olie

sowat 180 ml (¾ k) warm water

BOLAAG

olyfolie

4 baba-uie, dun gesny

2 knoffelhuisies, dun gesny

1 takkie tiemie

2 groot tamaties, ontvel, pitte verwyder en gekap

15 ml (3 t) tamatiepasta

sout en peper

250 ml (1 k) mozzarella, in blokkies gesny

16 kalamata-olywe, ontpit en gehalveer

8 baba-tamaties, gehalveer

8 ansjovisfilette, afgespoel

vars basilieblare, geskeur

Voorverhit die oond tot 220 °c.

DEEG 

Meng die gis, suiker, meel en sout in die bak van ’n menger.

Voeg die helfte van die olie en al die warm water by.

Meng tot ’n gladde deeg en knie sowat 5-7 minute tot glad.

Knie die orige olie by.

Bedek en laat rys tot dubbel die volume.

BOLAAG 

Verhit die olie en voeg die uie, knoffel en tiemie by.

Bedek en verhit sowat 20 minute oor matige hitte tot sag; roer af en toe.

Verwyder die deksel en verhit sowat 40 minute tot goudkleurig. roer af en toe.

Voeg die tamaties en die tamatiepasta by en verhit tot dit nie meer waterig is nie.

Geur met sout en peper.

SAMESTELLING 

Knie die deeg af en rol dit baie dun uit tot ’n reghoek van sowat 30 x 35 cm.

Plaas op die agterkant van ’n groot gesmeerde bakplaat. smeer die uiemengsel oor en rangskik die res van die bolaagbestanddele buiten die basilie bo-op.

Laat rys weer 10 minute.

Bak sowat 12-15 minute of tot die kors bros is.

Sprinkel die basilie oor.