Die resep het Katalin Mercer van Briardene, Durban, die lesersprys vir YOU se uitgawe van 26 Desember 2013 besorg.

Genoeg vir 4-6 mense

Bereidingstyd: 10 minute

Gaarmaaktyd: 5 minute

15 ml (1 e) olyfolie

1 ui, gekap

1 groen soetrissie, gekap

2 knoffelhuisies, gekap

125 g sampioene, gekap

30 ml (2 e) koljanderpesto

30 ml (2 e) sonneblomsaad

60 ml (¼ k) pikantrissies, gekap

250 g pennepasta, gekook

2 wiele fetakaas, gekrummel

  1. Verhit die olie in ’n braaipan en braai die ui, groen soetrissie, knoffel en sampioene tot die ui deurskynend is.
  2. Voeg die pesto, sonneblomsaad en pikantrissies by en laat ’n minuut prut oor lae hitte.
  3. Plaas die gaar pasta in ’n diep opskepbak, voeg die pestomengsel by en meng goed met die pasta. Voeg die fetakaas by wanneer jy dit voorsit.