500 g steurgarnale, afgedop en derm verwyder

50 ml lemmetjiesap

30 ml (2 e) heuning

30 ml (2 e) knoffel, fyngedruk

45 ml (3 e) brandrissievlokkies

30 ml (2 e) kanola-olie

1 ui, gekap

2 groen brandrissies, gekap

sout na smaak

250 g rysnoedels, al dente gaargemaak

koljanderblare, gekap

Marineer die steurgarnale in lemmetjiesap, heuning, knoffel en rissievlokkies minstens 20 minute (verkieslik oornag).

Verhit die olie in ’n wok of kastrol en braai die ui tot deurskynend.

Voeg die brandrissies en gemarineerde steurgarnale by.

Geur met sout en roerbraai die steurgarnale sowat 4 minute.

Haal van die hitte af en meng die gaar rysnoedels en gekapte koljanderblare in.

Meng goed.

Sit voor op ’n opdienbord of in ’n vlak skottel.

*Opsioneel : Strooi kasjoeneute of geroosterde sesamsaad oor voor jy dit voorsit.

- Voorberei deur Carmen Hendricks & Nolan Daniels