Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 25 minute

PASTA

15 ml (1 e) koljandersaad

5 ml (1 t) karwysaad

5 ml (1 t) komynsaad

2 ml (½ t) mosterdsaad

80 ml (? k) tamatiepasta

5 ml (1 t) paprika

1 brandrissie

5 ml (1 t) suurlemoensap

sout en peper

PIZZA

15 ml (1 e) olie

1 ui, gekap

1 blik (400 g) lensies

1 blik (400 g) sousbone

250 ml (1 k) hoenderaftreksel

600 g gekoopte brooddeeg

250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaas

’n hand vol pietersielie, gekap

1    Plaas ’n bakplaat in die oond en voorverhit tot 200 °C.

2    PASTA Rooster die saad in ’n braaipan oor matige hitte tot hulle begin bars. Maal die geroosterde saad met ’n vysel en stamper.

3    Plaas die tamatiepasta in dieselfde pan oor matige hitter en roer die paprika, brandrissie, fyngemaalde saad, suurlemoensap, sout en peper in. Kook tot geurig.

4    PIZZA Verhit die olie in ’n skoon braaipan oor matige hitte en braai die ui tot deurskynend. Voeg die pasta by en dan die lensies, sousbone en aftreksel. Laat prut 10 minute of tot dik.

5    Verdeel die deeg in twee balle en rol elkeen uit in ’n ovaalvormige 30 cm-pizzabasis op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is.

6    Haal die bakplaat uit die oond en besmeer met olie. Plaas die pizzabasisse op die warm pan en smeer die lensiemengsel oor die helfte van elkeen. Vou oor en verseël die kante.

7    Strooi die kaas oor en bak 15 minute of tot goudkleurig. Besprinkel met die gekapte pietersielie.

- Hope Malau