Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

250 g spekvleis, in stukke gesny

30 ml (2 e) soet sojasous

30 ml (2 e) groenteolie

3 eiers, geklits

sout en witpeper

500 ml (2 k) Spekko Fragrant-rys, gekook (1 k rou rys lewer 3½ k gaar rys)

1 groen brandrissie, sade verwyder en gekap

1 rooi soetrissie, in skywe gesny

3 sprietuie, gekap

1 lemmetjie

2 rooi brandrissies, gekap

1 Braai die spekvleis in ’n pan tot bros. Voeg die sojasous by en roerbraai ’n minuut. Verwyder uit pan en sit eenkant op kombuispapier.

2 Verhit die olie in ’n ander pan of wok en roerbraai die eiers met sout en peper tot liggies geroer, maar steeds loperig.

3 Gooi die rys, brandrissie en soetrissie in die wok en roerbraai ’n paar minute met eetstokkies of ’n houtlepel.

4 Terwyl die rys verhit, voeg die spekvleis en sprietuie by. Geur met die sout en peper, meng goed en sit warm voor met ’n skeutjie lemmetjiesap en die vars gekapte brandrissies.

- Carmen Hendricks