Genoeg vir 4

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 15 min.

500 ml (2 k) spiraalvormige pasta

125 ml (½ k) ertjies

300 g vars mozzarellaballe, gedreineer en in skywe gesny

2 hande vol kersietamaties, gehalveer

45 ml (3 e) basiliepesto

’n hand vol vars basilieblare, geskeur

sout en vars gemaalde swartpeper

  1. Kook die paste volgens die aanwysings op die verpakking en dreineer. Spoel onder koue water af.
  2. Blansjeer die ertjies 2 minute in kookwater, dreineer en spoel onder koue water af.
  3. Meng die pasta, ertjies, mozzarella, tamaties en pesto in ’n groot bak. Voeg die vars basilie by net voor jy voorsit en geur.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander