Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 20-25 minute

350 g macaroni

15 ml (1 e) olie

1 ui, fyn gekap

2 knoffelhuisies, fyn gekap

500 g maer maalvleis

sout en vars gemaalde swartpeper

2 groot tamaties, ontvel en in blokkies gesny

500 ml (2 k) gaar gemengde groente

20 ml (4 t) blatjang

40 ml (8 t) basiliepesto

3 ekstra groot eiers, geklits

250 g (1 houer) gladde maaskaas

250 ml (1 k) room

250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper

ekstra pesto (opsioneel)

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondvaste bak.

  1. Kook die macaroni in genoeg soutwater tot net gaar, dreineer en hou eenkant.
  2. Verhit die olie in ’n groot kastol en braai die ui en knoffel ’n paar minute. Voeg die maalvleis by en braai tot gaar. Geur met sout en peper.
  3. Roer die tamaties, groente, blatjang en pesto by die maalvleismengsel in en meng goed. Giet die macaroni in ’n groot oondbak en skep die maalvleismengsel oor; meng liggies.
  4. Klits die eiers, maaskaas en room bymekaar en giet oor die maalvleis-en-macaronimengsel. Sprinkel die cheddar oor en bak 20-25 minute tot die kaas gesmelt is.
  5. Skep op en rond af met ’n ekstra skeppie pesto bo-oor, indien verkies. Sit voor saam met ’n groenslaai.