Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 35-40 min.

500 g pasta

500 g hoenderlewertjies,

skoongemaak

en afgespoel

sout en peper

125 ml (½ k) meel

15 ml (1 e) olyfolie

15 ml (1 e) botter

2 uie, gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

1 brandrissie, fyn gekap

15 ml (1 e) tamatiepasta

30 ml (2 e) worcestersous

5 ml (1 t) paprika

15 ml (1 e) suiker

45-60 ml (3-4 e) periperi- sous

250 ml (1 k) room

  1. Kook die pasta tot al dente en dreineer. Hou eenkant.
  2. Geur die lewertjies met die sout en peper en rol in die meel. Skud die oortollige meel af.
  3. Verhit die olie en botter in ’n pan en braai die lewertjies tot gaar. Skep uit en hou eenkant.
  4. Braai die uie, knoffel en brandrissie in dieselfde pan tot geurig. Voeg die tamatiepasta by en roerbraai ’n paar sekondes.
  5. Voeg die res van die bestanddele by en laat prut tot die sous effens verdik. Geur met die sout en peper.
  6. Skep die sous op die pasta, pak die lewertjies bo-op en sit voor met vars roketblare en parmesaankaas.