Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 25-30 minute

30 ml (2 e) olie

1 groot ui, fyn gekap

2 knoffelhuisies, fyn gekap

2 selderystingels, fyn gekap

250 g spekvleis, in klein stukkies gesny

1 kg maer maalvleis

sout en vars gemaalde swartpeper

100 ml rooiwyn

2 blikke (400 g elk) tamaties

1 blik (65 g) tamatiepasta

30 ml (2 e) bruinsuiker

60 ml (¼ k) gemengde vars kruie, fyn gekap

250 g penne-pasta, gaar

125 ml (½ k) cheddarkaas, gerasper

vars origanumblare vir garnering

  1. Verhit die olie en roerbraai die ui, knoffel, seldery en spekvleis ’n paar minute tot die speks gaar is.
  2. Roer die maalvleis by en roerbraai ’n paar minute tot gaar, maar nie bruin nie. Geur met sout en peper. Voeg die rooiwyn, tamaties, tamatiepasta, bruinsuiker en kruie by. Verlaag die hitte en laat prut sowat 20 minute.
  3. Deel die pasta tussen 6 bakkies, skep groot lepels maalvleis oor die pasta en sprinkel laastens ’n bietjie kaas oor.
  4. Rooster onder die roosterelement en garneer met vars origanum. Sit voor met ’n groenslaai.