Moenie te mildelik geur nie, want spekvleis kan sout wees. Sit dit net so voor of garneer dit met pietersielie of basilie.

Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaak: 15 minute

15 ml (1 e) olie

250 g spekvleis, in skywe gesny

3 eiergele

50 g parmesaankaas, gerasper

125 ml (½ k) dikroom

sout en peper

350 g penne

parmesaankaas-skaafsels vir garnering

  1. Voeg die olie in ’n warm pan oor matige hitte en soteer die spekvleis 5 minute of tot gaar. Verwyder uit die pan en sit eenkant.
  2. Klits die eiergele, gerasperde parmesaankaas en room saam en geur met sout en peper.
  3. Kook die penne volgens die aanwysings op die verpakking tot gaar en dreineer. Voeg by die eier-en-roommengsel en roer die spekvleis in.
  4. Skep die pasta in bakke en bestrooi met parmesaankaas-skaafsels.