Genoeg vir 4 mense

Bereidingstyd: 15 minute

Gaarmaaktyd: 25 minute

PESTO

30 g basilieblare

3 knoffelhuisies

20 g grondbone

180 ml (¾ k) gerasperde parmesaankaas

45 ml (3 e) olyfolie

PASTAGEBAK

sout

300 g elmboogpasta

125 ml (½ k) broodkrummels

250 ml (1 k) gerasperde pecorinokaas

1    Voorverhit die oond tot 200 °C.

2    Verwerk die bestanddele vir die pesto in ’n voedselverwerker tot ’n dik pasta.

3   Pastagebak: Bring ’n  groot pot soutwater tot kookpunt oor hoë hitte. Voeg die pasta by en kook tot net gaar. Dreineer en spoel af onder koue water.

4   Meng die pasta met die pesto en verplaas na ’n groot bak of vier klein bakkies wat oondbestand is. Strooi die broodkrummels en pecorinokaas oor die pasta en bak 15 minute of tot bruin bo-op.