Genoeg vir 4 mense

Bereidingstyd: 15 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

PESTO

125 ml (½ k) bevrore ertjies, ontvries

’n hand vol vars kruisement

2 knoffelhuisies, gekap

sap van 1 suurlemoen

45 ml (3 e) gerasperde pecorinokaas

60 ml (¼ k) olyfolie

sout en peper

PASTA

500 g linguine

sout

VIS

250 ml (1 k) vars broodkrummels

’n hand vol vars pietersielie, gekap

sout en peper

600 g witvis (stokvis of koningklip)

125 ml (½ k) meel

1 eier, geklits

15 ml (1 e) olie

  1. Pesto: Pols die bestanddele in ’n voedselverwerker om ’n pasta te vorm. Proe en voeg nog sout en peper by, indien nodig.
  2. Pasta: Kook die linguine tot net gaar. Hou 250 ml (1 k) van die kookwater, dreineer die pasta en sit dit terug in die pot. Verminder die hitte tot laag. Meng die pasta met die ertjiepesto en pastawater wat jy gehou het en verhit 2 minute. Sit eenkant.
  3. Vis: Meng die broodkrummels en pietersielie in ’n vlak bak en geur met sout en peper. Plaas die meel in ’n ander vlak bak en die eier in ’n derde. Bedek die vis met meel. Doop dit in die eier en dan in die broodkrummelmengsel.
  4. Verhit ’n braaipan oor matige hitte, voeg die olie by en bak die vis in sarsies 3 minute of tot goudkleurig weerskante.
  5. Sit met die pasta voor.
Pasta met suurlemoen-ertjiepesto en pietersielievis