Genoeg vir 4—6 mense

125 ml (1/2 k) olyfolie

4 knoffelhuisies, fyn gekap

250 g spek, in stukkies gesny (opsioneel)

Sout en varsgemaalde swartpeper

800 g klein romatamaties (ryp)

500 ml (2 k) parmesaankaas, gerasper

250 g tagliatelle pasta, al dente en hou warm

Roket of basilieblare

Verhit die olie in ‘n groot pan en braai die knoffel tot geurig.

Roer die spek by en braai tot gaar, geur met sout en varsgemaalde swartpeper.

Roer die tamaties by en braai totdat dit oopbars, druk die tamaties fyn met ‘n vurk of aartappeldrukker.

Kook intussen die pasta in sout water tot al dente en drieneer.

Roer die kaas by en verhit totdat die kaas heeltemal gesmelt is.

Meng die tamatiesous met die pasta en sit voor saam met roket of basilieblare.