Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

225 g tagliatelle-pasta

250 ml (1 k) bevrore ertjies

45 ml (3 e) olyfolie

4 knoffelhuisies, gesny

40 g kersietamaties, in die helfte gesny

sout en vars gemaalde swartpeper

hand vol vars basilie, geskeur

hand vol vars pieterselie, gekap

60 ml (¼ k) parmesaanskaafsels

1 Kook die pasta volgens die aanwysings op die pakkie. Voeg die ertjies in die laaste twee minute kooktyd by. Dreineer wanneer gaar.

2 Verhit ’n groot braaipan oor lae hitte en voeg die olie en knoffel by. Braai 5 minute of tot die knoffel begin verbruin.

3 Verstel die hitte tot matig, voeg die tamaties by en kook ’n minuut. Voeg die gaar pasta by en roer die vars kruie in.

4 Strooi die kaas bo-oor en sit voor.

- Hope Malau