Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 35 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

250 g kersietamaties, gehalveer

sout en vars gemaalde swartpeper

olyfolie

30 ml (2 e) botter

1 groot ui, in dun skywe gesny

30 ml (2 e) sagte bruinsuiker

30 ml (2 e) balsemieke asyn

200 g Hollandse rookworst, in klein blokkies gesny

’n paar takkies vars basilieblare

1 pak tagliatelle, gaargemaak volgens die aanwysings op die pak ekstra basilieblare

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Rangskik die tamatiehelftes (snykant na bo) op ’n bakplaat. Geur met sout en peper en bedruip met olyfolie. Oondbraai die tamaties sowat 30 minute; hou eenkant.
  2. Verhit die botter in ’n pan en braai die ui tot sag en geurig. Roer die sagte bruinsuiker en balsemieke asyn by, geur met sout en swartpeper en braai ’n paar minute.
  3. Verlaag die hitte en laat sowat 20-30 minute oor baie lae hitte prut.
  4. Roer die wors, vars basilieblare en oondgebraaide tamaties by die uiemengsel en geur met sout en peper indien nodig.
  5. Sit voor saam met die pasta en garneer met die ekstra basilieblare.